Wat is korona en wat kan ek daaromtrent doen?

Koronavirus of korona is a klein kiem (te klein om met die blote oog te sien) wat kan versprei en siektes kan veroorsaak onder mense. Korona kan griep simptome veroorsaak, soos ‘n droe hoes, asemhalingsprobleme, koors, en mialgie (seer spiere/liggaam). Korona affekteer meestal the respiratoriese stelsel. Terwyl meeste infeksies nie gevaarlik is nie, kan dit wel longontsteking veroorsaak en kan dit in sommige gevalle dodelik wees.

Enige iemand kan die koronavirus opdoen. Bejaardes en mense met onderliggende gesondheidsprobleme soos byvoorbeeld respiratoriese siektes, kanker of suikersiekte, loop ‘n groter risiko om meer ernstige gevolge te ervaar.

Korona word versprei deur druppeltjies wat vrygelaat word wanneer mense wat die infeksie het asemhaal, hoes of nies op ander mense, oppervlaktes of op kos. Dit betree die liggaam deur die mond, neus en oë. Sodra dit in die liggaam is sal dit vermenigvuldig en versprei na ander dele van die liggaaam. Korona kan tot en met 14 dae lank in die liggaam leef voordat enige tekens of simptome sigbaar is. Met ander woorde mense kan korona hê sonder dat hulle dit weet en sodoende die virus versprei na ander mense toe.

Korona kan nie deur antibiotika of boererate in die kiem gesmoor word nie. Korona kan slegs voorkom word deur nie met dit in aanraking te kom nie en deur jou hande gereeld en deeglik te was.

Om infeksie te voorkom moet jy jou hande gereeld en deeglik was met seep en water. Selfs al is jou hande nie sigbaar vuil nie. Was jou hande baie goed met seep, onder lopende water, vir 20 sekondes en maak seker dat jy onder jou vingernaels was asook jou hele hand tot by jou gewrig. As jy jou hande was met seep en water kan dit die virus wat dalk op jou hande sou wees in die kiem smoor. Was altyd jou hande voor, gedurende en na jy kos voorberei, na jy die toilet gebruik het, voor jy eet, wanneer jy na iemand wat siek is omsien, na jy met diere in aanraking gekom het of hulle ontlasting verwyder het,en ook wanneer jy genies, gehoes of jou neus geblaas het.

Moenie aan jou oë, neus en mond te vat sonder om eers jou hande te was. Ons raak aan baie oppervlaktes en kan maklik ‘n virus so optel. Wanneer jy besmet word kan die virus deur jou hande, oë, neus of mond versprei word. Die virus kan vandaar in jou liggaam in kom en jou siek maak.

Dit is baie belangrik om onmiddelike kontak met mense wat koors het, hoes of enige respiratoriese simptome vertoon te vermy. Wanneer jy hoes of nies moet jy altyd jou mond en neus toe hou met die binnekant van jou elmboog, arm of ‘n sneesdoekie. Jy moet dan dadelik die sneesdoekie weggooi in ‘n asdrom. Moenie in publieke plekke spoeg ne.

Handhaaf ‘n afstand van ten minste 1 meter tussen jouself en enige iemand wat hoes of nies. Vermei onmiddellike kontak met enige iemand wat koors het en hoes.

As jy na iemand moet omsien wat koors het, hoes en sukkel om asem te haal, moet jy altyd jou beskermende of materiaal masker dra en gereeld jou hande was.

Die beste manier om Korona te vermy is om enige fisiese kontak met ander mense te vermei. Korona en ander viruse kan versprei deur iemand se hand te skud en later aan jou oë, neus of mond te vat. As jy in ‘n groep mense bymekaar is, vermei enige fisiese kontak soos om hulle te groet deur hande te skud, te druk of te soen. Groet mense deur te waai, jou kop te knik of eerder te buig. As jy vermoed dat daar korona in jou omgewing is, bly dan eerder by die huis en vermei kontak met ander mense.

Indien jy enige simptome van die virus soos n ligte hoofpyn of loperige neus begin ervaar,bly eerder by die huis totdat jy beter voel. As jy nies, ‘n droë hoes het, sukkel om asem te haal of koors het, moet jy vroegtydig mediese hulp bekom, want dit kan wees as gevolg van ‘n respiratoriese infeksie of ander ernstige toestande.

Valse oortuigings en gerugte oor die korona virus kan baie gevaarlik wees en selfs die dood van mense veroorsaak. Byvoorbeeld, om vloeibare stowwe soos bleikmiddel of alkohol te drink kan meer skade veroorskaak, in plaas daarvan om die siekte te voorkom. Inligting wat jy ontvang deur vriende en familie kan ook verkeerd wees en selfs gevaarlik. Volg alleenlik akkurate advies oor openbare gesondheid wat deur plaaslike gesondeidsoverhede versprei word.

Jy kan help om korona te oorwin deur hierdie boodskap te versprei. Deel dit asb met jou vriende en familie, verkieslik deur ‘n boodskapdiens soos WhatsApp.

Hierdie inligting is voorsien deur Audiopedia, ‘n wêreldwye projek om gesondheidskennis beskikbaar te maak op klank opnames. Leer meer op www.audiopedia.org